OUDTSHOORN MOEDERGEMEENTE
Liefde Leef
BULLETIN
Sondag, 14 Julie 2024
SONDAG, 14 JULIE 09:30 Erediens Deuroffers: Moslembediening Kategese & Kleuterkerk Tee na die tyd in Skooltjie |
MAANDAG, 15 JULIE 18:00 Gemeentebediening |
DINSDAG, 16 JULIE 17:30 Liefde Leef |
SONDAG, 21 JULIE 09:30 Kinderdiens KINDERDANKOFFERS Deuroffers: Gemeentejeug Kategese en Kleuterkerk |
Verjaarsdae 80 + jr
Baie geluk aan almal wat verjaar ...
Vrede en vreugde word jou toegewens....
15/07 Anna van der Bank
18/07 Ida Botes
LIEFDE LEEF – VOLG JOU HART
By die deure is mandjies met opgevoude plastieksakkies. Op elke sakkie is ‘n plakker met produkte. Elke sakkie se produkte is minder as R100. As jy ‘n bydrae wil maak vir die Noodspens, neem asseblief ‘n sakkie of soveel jy wil. Plaas die produkte op die plakker in die sakkie en bring dit die volgende Sondag terug en plaas weer in mandjie by deure. Met hierdie metode probeer ons dit makliker maak om ‘n groter verskeidenheid produkte te verskaf aan die in Nood.
Baie dankie vir u bydrae.
Ons by Liefde Leef waardeer dit opreg.
STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.
Dit is ‘n deurlopende projek. U kan dit by die Kerkkantoor of die Kerk ingee wanneer dit vol is.
Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.
ATTESTATE ONTVANG
Ons verwelkom graag die volgende lidmate by Moedergemeente. Ons vertrou dat julle gelukkig hier sal wees en gou nuwe vriende maak!
NUWE INTREKKERS & BESOEKERS
Baie welkom in vanoggend se erediens! Ons wil jou graag nooi om as lidmaat by ons wonderlike familie in te skakel!
Indien jy meer inligting of 'n besoek verlang, vul asseblief die "Nuwe intrekker" kaartjie in (beskikbaar by die hoofdeur), en gooi dit in die dankofferbordjie. Ons volg so gou as moontlik op.
VERLANG BESOEK?
Indien jy weet van iemand (of jyself) wat siek, in die hospitaal of dalk vir enige ander rede 'n besoek van die dominee verlang, kontak
ds Albé by 082 928 3561
Kontak ons:
Leraar - Albé Theunissen
082 928 3551 albe@moeder.co.za
Skriba - Elzanne Kruger
044 272 3130 | 062 969 8718
skriba@moeder.co.za
Koster - Jan Engels
082 770 9995
4 - 11 DESEMBER 2024
Die beste manier om jou skoolloopbaan af te sluit. Goeie vriende, goeie tye!
www.moeder.co.za/1405-2/
Erediens uitsendings en opnames
www.facebook.com/oudmoeder/live
www.youtube.com/@oudmoeder
BANKBESONDERHEDE
NG Moedergemeente
FNB rek: 6303 8755 352
Takkode: 210 554